newsletter Maart/April '09
 
 
line decor
  
line decor

 
 
 
 
 
 
PRIDE OF AFRICA PRIVAAT NATUUR RESERVAAT

Maand verslag vir MAART en APRIL 2009

Beheerliggaam verantwoordelikhede

  • Sny van gras
    • Gras word elke week by die hoofhek gesny.
    • Die volgende kampe was gedurende MAART/APRIL gesny
      • Gopane
      • Leopard song
      • Tjailatyd
      • Hakuna Matata
    • Gras word 2 keer ’n maand by die opstal gesny. Die eienaars moet my asb so gou moontlik laat weet of ek hul gras kan sny, ek wil graag al die kampe se gras in die volgende 2 weke sny. Sodat as daar brande uitbreek weet ons die huise sal veilig wees .
  • Vullis verwydering
    • Elke Maandag word die vullis by die kampe gaan haal en as word ook verwyder.
    • Die vullis verwyderings diens wat POA gebruik vir die drom by die stoor was a.g.v al die vakansie dae nie skoongemaak nie.
  • Watervoorsiening
    • Soos almal weet, het ons die reservoir by die opstal leeg getap en skoongemaak.  Die pyp wat probleme veroorsaak het, is afgebind.  Dr Lucas Van der Westhuizen het die water weer laat toets en is nou absoluut drinkbaar gevind.  (Resultate is beskikbaar)  Daar word soms ‘n ligte dosis chloor bygevoeg.  Ek hou ‘n fyn oog op die dam en die water. Tot dusver was daar nog nie weer probleme met watervoorsiening nie.
  • Elektriesiteit
    • Behalwe vir een ”Fuse” oorkant nr. 5 was daar geen probleme met kragvoorsiening nie.

Natuurbestuur

  • Veldkondusie
    • Die veld lyk in ‘n baie goeie toestand, behalwe dat die gras nou baie vinnig uit droog. Daar word vir die eienaars gevra om asb. Al hul braaivleis en boma vure dood te maak in die aand voor hul gaan slaap.
    • Probleem plant beheer
      • Die “ queen of the night” plante is almal so te se dood. Die gif wat gebruik word laat die plante binne 4 weke uitdroog.
  • Wildkondisie
    • Wild is oor die algemeen in ’n baie goeie toestand.
    • Nataliteit
      • Daar was ‘n redelike aanwas onder die volgende spesies.
        • Rooihartebees
        • Eland
        • Blou wildebees
        • Zebra
        • Gemsbok
        • Waterbok
        • Rooibok
    • Mortaliteit
      • Daar het ‘n kameelperd bul gevrek op die 3de Maart, as ek na die tekens kyk op sy lyf en nek dan is die bul deur weerlig doodgeslaan. Fotos is aangeheg aan die verslag. Die bul is gebrand om siektes soos “spons- en Lamsiekte” te voorkom.
  • Siektes
    • In die area naby die Boekenhoutsspruit het van die eienaars 2 siek Elande gesien. Hul is sleg deur bosluise gebyt, en ‘n mens kan sien hul kry nie hul nodige voeding in nie. Ek het met Lynn van Rooyen (Dinokeng reservaatbestuurder) gesels en hy het my toestemming gegee om van die 2 elande ontslae te raak as hul toestand nie verbeter nie. As daar ‘n eienaar is wat die Elande sien word daar gevra dat jul asb dadelik vir my ( Eddie ) sal skakel.
  • Parasiet beheer
    • Die enigste trapdiptoestel wat POA nog mag gebruik is die een wat in die binneste huise kamp is. Daar is gif aangekoop en sal binnekort uitgesit word sodat die diere in ons kamp gedip kan word. Daar word gevra dat as ek die datum deurgee, die eienaars alle water en voer by hul kampe sal staak. Sodoende sal die diere net een plek he om water te verkry, en dit sal die dip proses baie vinnig in werking laat stel.
  • Probleemdier beheer
    • Vanaf September 2008 is daar nie regtig probleemdiere op die plaas nie. Die jakkalse is baie stil en ek het vanaf Oktober tot nou nog net 3 families van jakkalse gesien. Dus is hul nie so ’n groot probleem nie.
    • Indien enige slange of ander ongediertes by die kampe inbeweeg kan eienaars of gaste vir my (Eddie) skakel by 0823226072
  • Klimaat
    • Temperatuur
      • Die temperatuur op die plaas het in die laaste 2 weke baie verander, en ons kan voel die winter is hier. Daar word vir die eienaars gesê dat hul maar ’n warm ietsie moet saambring as hul weer plaas toe kom.
  • Brand bestuur
    • Die paaie is amper klaar geskraap. Sodoende sal ek in die volgende week of 2 kan begin met voorbrande.

Instandhouding

  • Paaie
    • Julle sal oplet dat die paaie amper klaar geskraap is. Daarna sal dit weer op die normale maniere instand gehou word.
  • Heinings
    • Gif is om die binnekamp gespuit einde Maart. Die gras het alles gevrek en die heining loop weer op sy optimale kraglesing van tussen 7000 en 9500 volts
    • Daar is ook om al die “Transformers” by elke kamp grasgif gespuit (2meter) om elke boks. Sodoende sal die brandrisiko baie minder wees. L Van Rooyen is tans besig om all die buite heinings te bespuit.
  • Geboue
    • Alle geboue is nog in goeie toestand.
    • Eienaars moet asblief die datums op hul brandblussers nagaan.
  • Toerusting, implimente en voertuie
    • Alles is in werkende toestand.
    • Robert se TATA bakkie sal in die volgende 2 weke ingaan vir sy 50 000 km diens.
    • Die groot trekker se dieselfilters was vervang en ook die klein trekker. Die klein trekker se ”starter” het ingegee, en is ingevat vir herstel.

Algemene bestuur

  • Wetstoepassing
    • Daar was geen klagtes vir Maart en April nie

Pesoneel bestuur

  • Verlof
    • Die volgende personeel was met verlof:
      • Jeremiah 07 Maart – 28 Maart 2009
  • Nuwe aanstellings.
    • Geen vir die maand
  • Dissiplinêre aksies
    • Daar was twee waarskuwings gegee vir die hekwagte aangesien hul nie hul take uitgeoefen het nie, en hulle het tussen mekaar afdae gereel sonder dat hul enige iemand in kennis gestel is.

Ander

  • Pirkniekplek
    • Besprekings
      • As enige iemand die piekniekplek wil gebruik moet hul my asb kontak verkieslik 3 dae voor die tyd.
    • Reëls en regulasies vir gebruik van piekniekplek
      • Slegs vir die gebruik van eienaars en deelnemende eienaars en hul dierekte familie. Geen gaste van lodges.
      • Hou die piekniekplek te alle tye skoon van vullis. Gebruik asdrom voorsien.
      • Gebruik water spaarsamig slegs 1000 liter water in tenk.
      • Maak seker alle krane en kraan agter toilet is toe met vertrek.
      • Indien piekniekplek beset geen ander voertuie en persone.
      • Hou vuur klein en gebruik slegs vuurmaakplekke voorsien.
      • Maak vuur dood waneer gaan slaap of waneer piekniekplek verlaat word.
      • Voorsien eie vuurmaakhout. Geen hout uit veld.
      • Voorsien eie toiletpapier.
      • Maak seker parafienvlam van geyser is dood as klaar gebruik is.
      • Piekniekplek sal skoon wees en watertenk sal vol wees
      • Geen geraas en musiek toegelaat.
      • Moenie die graaf en braaidriehoeke van kamp verwyder.
  • Interressante obwerwasies
    • Voel
      • Witrugnagreier (Whitebacked night heron)
      • Blou valkie (Black Shouldered kite)
      • Bruin slang arend (Brown snake eagle)
      • Swempie (Coqui francolin)
      • Gewone paradysvink (Eastern paradise whydah)
THIS GIRAFFE WAS STRUCK BY LIGHTNING – IT WAS BURNT TO PREVENT THE SPREAD OF “LAM SIEKTE” AND “SPAWN SIEKTE”  
   

 

 
 
space
 
nesling
Just north-east of urban Joburg and Tshwane lies the vibrant and warm, big-sky region of Dinokeng, where the world's largest diamond was discovered. Today the area is sparkling with natural, cultural and historical attractions, a place where South Africans and their visitors enjoy the outdoors and the history and culture of Africa.
snake

A PUFFADDER was recently spotted at the main entrance, lying in a groove under the gate. For more information on snake bites contact : Andrê Lourens 072 124 2114