newsletter Jun/Jul '09
 
 
line decor
  
line decor

 
 
 
 
 
 
PRIDE OF AFRICA PRIVAAT NATUUR RESERVAAT

Maand verslag vir Junie en Julie 2009

Beheerliggaam verantwoordelikhede

  • Sny van gras
    • Grassny by die kampe is gestaak aangesien dit nie groeiseisoen is verby. Die grass al weer begin gesny word na die eerste goeie reens.
      •  
    • Grassny by die opstal is weens dieselfde bogenoemde rede gestaak.
  • Vullis verwydering
    • Elke Maandag word die vullis by die kampe gaan haal en as word ook verwyder.
    • Ek het weer probleme met die vullisverwyderingsmaatskappy gehad, aangesien hulle baie traag was om die groot drom te kom verwyder. Oom Dewald het my gehelp om met die mense in kontak te tree en die diens lyk aansienlik beter.
    • Een van my projekte gaan wees om die drom mooi toe te maak met ”Cecil”  wat om die opstal afgesny is.
  • Watervoorsiening
    • Daar was tydens die voorbrande 2 dae wat ek direk met die boorgat in die hoe watertenk water gepomp het, aangesien ons baie water uit die reservoir gebruik het vir die brandkarre. Alles is nou weer normal.
    • Daar het 2 waterpype gebars by die kampe. Een by Siyaya en een by Leopard song. Die foute was vinnig na gekyk en uitgesorteer.
  • Elektriesiteit
    • Daar was min kragonderbrekings op die plaas. Geen ander foute met krag was geraporteer nie.

Natuurbestuur

  • Veldkondusie
    • Die gras was baie droog die afgelope tyd, aangesien die ryp dit uitgedroog het. Ons het frats reen gehad in die Junie en Julie, altesaam het ons 80 mm reen gekry. Dit is glad nie normal vir die tyd van die jaar nie. Eienaars sal oplet dat waar daar voorbrande gemaak is, dat die gras groen begin uitkom.. Daar word vir die eienaars gevra om asb. Al hul braaivleis en boma vure dood te maak in die aand voor hul gaan slaap aangesien brande in die area nou baie vinnig voorkom.
    • Probleemplantbeheer
      • Die “ queen of the night” plante het weer begin kop uitsteek maar ons sal binnekort weer daarna begin kyk, aangesien die voorbrande nou klaar is.
  • Wildkondusie
    • Wild is oor die algemeen in ’n baie goeie toestand.
    • Nataliteit
      • Daar was nie baie aanwas onder die diere gewees nie. Daar is wel opgelet dat daar 2 baba gemsbokkies gebore is.
    • Mortaliteit
      • Daar het ‘n kameelperd bul gevrek einde Mei, Die bul het by Flippie Prinsloo se huis in ‘n septiek tenk geval wat nie behoorlik toegemaak was nie. Die inligting is deurgegee na Dinokeng en die saak is deur Jenny Stevens gehanteer. Die septiek tenk is ordentelik toegemaak om sulke voorvalle te voorkom. Daar word vriendelik vir die eienaars gevra om asseblif hul swembaddens toe te hou, sodoende sal ons sulke gevalle uitskakel.
  • Siektes
    • Geen siektes is opgelet nie. Daar is wel ‘n paar diere wat sleg deurloop onder bosluise. Dit is as gevolg van Dinokeng wat ons nie wil toelaat om die diere te “dip” nie.
  • Parasiet beheer
    • Die enigste trapdiptoestel wat POA nog mag gebruik is die een wat in die binneste huise kamp is. Ek gaan in die volgende week die diere weer dip, so daar word gevra dat die eienaars asseblief al die water sal wegneem en krippe of drinkbakke sal leegmaak, sodat die diere net by die postal sal kom water drink.
  • Probleemdier beheer
    • Daar is nog geen verandering in probleemdiere nie. Die jakkalse is nog min.
    • Ek het al ’n paar slange gevang op die plaas. Ek wil net dankie se aan Ig by kamp nr. 15 vir die slangstokke wat hy vir my gekoop het. Dankie Ig!! Dit maak slangvang sommer baie makliker en veiliger.
    • Indien enige slange of ander ongediertes by die kampe inbeweeg kan eienaars of gaste vir my (Eddie) skakel op 0823226072
  • Klimaat
    • Temperatuur
      • Ons het ’n paar Baie koue dae beleef hierdie winter, maar vanaf verlede week woensdag het die weer mooi reg gekom en daar word nog so een koue front voorspel, en dan kan ons verwag dat die hitte weer sal terug kom.
  • Brand bestuur
    • Voorbrande is gemaak aan die Noord Oostelike grens, die ver Oostelike grens en die Noordelike grens bo Phumba kamp. Daar is ook ’n voorbrand in die kamp gemaak, vanaf Wildways se hek tot by die boonste hoek na Lethabong lodge. Die hele teerpadgrens vanaf ons hek tot by Paul Hayward se ingang is ook gebrand, aangesien brande neig om te begin by die Boekenhouts spruit brug.

Instandhouding

  • Paaie
    • Al die paaie is klaar geskraap. Die pad in die kamp en vanaf die hoof ingang tot by die kamp ingangs word nie meer gesleep met die “ Groot tyres nie” aangesien daar geen aktiwiteit op die pad vanaf Wildways tot by rooibank toeglaat word nie. En omdat daar te veel klippe uit gegraw word. Ek is besig met ‘n ander plan om die tyres in ‘n ander manier te omskep sodat die problem uitgeskakel kan word.
  • Heinings
    • Die gif wat op die draad in ons kamp gespuit was het hul werk gedoen, en daar is geen meer gras onder die drade nie. Ek het ook met die skraper ‘n brandpad om die kampheining gemaak. Dit lyk sommer stukke beter.
    • Die heining se “ voltage “ word gereeld gemeet en die draad is op ‘n alarm gekoppel vir daar heinings geknip word, of as daar kortsluitings is.
  • Geboue
    • Alle geboue is nog in goeie toestand.
    • Die slagkamer se vensters is bietjie gebreek, en my aandag sal daaran gegee word.
  • Toerusting, implimente en voertuie
    • Alles is in werkende toestand.
    • Robert se TATA bakkie sal was 5 weke terug in vir sy 60 000 km diens. My Tata bakkie gaan in die volgende 2 weke in vir sy 20 000km diens.
    • Albei trekkers loop nog mooi.
    • Batterye vir die groot trekker en vir die Grader moet aangeskaf word. Ek is besig met ’n klein begrotingslys wat ons na sal kyk nader aan einde September.

Algemene bestuur

  • Wetstoepassing
    • Daar was geen klagtes vanaf Mei maand nie

Pesoneel bestuur

  • Verlof
      • Geen verlof was deur werkers geneem nie
  • Nuwe aanstellings.
    • Ons het middel Mei maand ‘n nuwe aanstelling gehad onder die plaas afdeling. Die nuweling se naam is Elias. Hy is ‘n hardwerkende persoon.
  • Dissiplinêre aksies
    • Daar was weer waarskuwings uitgegee vir die werkers by die hek. Hulle sal van die maand af fyn dopgehou word deur my en Chris Nel.

Ander

• Piekniekplek

    • Besprekings
      • As enige iemand die piekniekplek wil gebruik dan moet hul my asb kontak verkieslik 3 dae voor die tyd.
    • Reëls en regulasies vir gebruik van piekniekplek.
      • Slegs vir die gebruik van eienaars en deelnemende eienaars en hul dierekte familie. Geen gaste van lodges.
      • Hou die piekniekplek te alle tye skoon van vullis. Gebruik asdrom voorsien.
      • Gebruik water spaarsamig slegs 1000 liter water in tenk.
      • Maak seker alle krane en kraan agter toilet is toe met vertrek.
      • Indien piekniekplek beset geen ander voertuie en persone.
      • Hou vuur klein en gebruik slegs vuurmaakplekke voorsien.
      • Maak vuur dood waneer gaan slaap of waneer piekniekplek verlaat word.
      • Voorsien eie vuurmaakhout. Geen hout uit veld.
      • Voorsien eie toiletpapier.
      • Maak seker parafienvlam van geyser is dood as klaar gebruik is.
      • Piekniekplek sal skoon wees en watertenk sal vol wees waneer arriver
      • Geen geraas en musiek toegelaat.
      • Moenie die graaf en braaidriehoeke van kamp verwyder.
  • Interressante obserwasies
    • Voëls
      • Voel lewe was maar eil gewees, aangesien baie van die voels vir die winter baie skaars was.

Diere: Daar was ‘n “sighting” gewees op ‘n rooikat naby die piekniekspot deur oom Dewald en sy vrou. Lekker om te sien hul is nog aktief.

• Sekuriteit

  • Daar was 2 inbrake einde Mei maand, en 2 probeerslae om in te breek. Die inbrekers het vanaf rooibank se kant heinings geknip. Kampe wat geraak was is:
    • Nr. 15
    • Nr. 12
    • Nr. 11
  • Waghonde en wagte was ingekry vanaf K9 security.
  • Dit het baie gehelp.
  • Daar is nog in die omgewing baie inbrake, maar meer na die De wagensdrif pad se kant toe.
  • ‘n Alarmsisteem is by die postal geinstalleer en die heining is ook op die alarm gekoppel, so as daar enige voorvalle is sal die alarm ‘n sms vir my en Chris nel en vir Robert gestuur word.
  • Enige navrae kan jul my gerus kontak.

Aangeheg is fotos van die voorbrande wat ons gedoen het.

   
 

Die skilpad is uit die vuur gehaal terwyl ons gebrand het. Ek het hom so 500 m verder in die veld gaan los.

 

 

 
 
space
 
nesling
Just north-east of urban Joburg and Tshwane lies the vibrant and warm, big-sky region of Dinokeng, where the world's largest diamond was discovered. Today the area is sparkling with natural, cultural and historical attractions, a place where South Africans and their visitors enjoy the outdoors and the history and culture of Africa.
snake

A PUFFADDER was recently spotted at the main entrance, lying in a groove under the gate. For more information on snake bites contact : Andrê Lourens 072 124 2114